Liewe Vriendin, Hartswysheid en kopkennis
'Hartswysheid en kopkennis vir vriende' is ‘n persoonlike boek om iemand deur die moeilike dele van hul lewensreis te help.
Dit is ‘n klein gids vir selfverrykking en groei. In die boek is daar leiding om moeilike dinge soos ‘deernisvermoeidheid’ en ‘bedrieërsindroom’ te hanteer, sodat jy kan heel word. Selfhelpvoorstelle, ‘n welstandsmodel en –vraelys, sowel as ‘n kontrak om die lewe te vier sal jou dadelik ‘n hupstoot gee na ‘n hoopvolle 2021.
Die outeur is Dr Barbara Louw & Ds Wynand Louw. Hartswysheid en kopkennis vir vriende bevat 150 bladsy, met illustrasies, praktiese aktiwiteite en toepassings.
Boeke kan aanlyn bestel word van .
Die outeurs is ook populêre sprekers en hulle kan genooi word om by julle volgende funksie te gesels oor hartswysheid en kopkennis, of trauma en veerkragtigheid.