Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks en die moontlikheid van genesing gaan hand aan hand. Jy is geskape om gesond en heel te wees.

Dr Barbara Louw se Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks sal jou help om verby die bewerige oorlewingsgevoel te beweeg en die gevoel van oorweldiging af te skud deur die siklus van disfunksionele denke te breek. Ons hanteer die wortel van jou pyn en lydingherinneringe sodat jou nuwe lewensverhaal te skep.

In hierdie reeks hanteer jy probleme op die beste wyse om jou in staat te stel om beter lewenskeuses te kan maak sodat jy ’n gebalanseerde, vervulde lewe te geniet. Elke stap dra by tot wat in jou beste belang is sodat jy gesond en heel kan wees.

Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks bestaan uit 6 individuele sessies in 6 weke.

AANVANKLIKE PROSES 

Alle deelnemers moet internettoegang hê vir registrasie en toegang tot die dokumente wat elke week verskaf sal word.

Potensiële deelnemers kan 'n aanlynvraelys (Self-assessment Quiz), in Engels, voltooi om te bepaal of hulle hou van die onderliggende beginsels van die berading wat deur Dr Barbara Louw aangebied word.

Nadat jy die aanlynvraelys voltooi en die beste Persoonlike Beradingsreeks vir jou gekies het, kan jy ’n aanvanklike telefoongesprek van 15 minute met haar aanvra om te bevestig of julle sal kan saamwerk.

VOORDELE

Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks is meer as 'n bloudruk, want Dr Barbara Louw se Wholistiese Welstandsmodel is al meer as 20+ jaar beproef en getoets. Die model bied lewensveranderende toepassings van lewenslange voordele.

Elke sessie word ingelig deur jou unieke storie en situasie. Jy sal vinnige en meetbare resultate tydens elke sessie kan ervaar, asook deurlopende verandering tussen sessies. Sessies is vertroulik en daar sal geen groepwerk wees nie.

Dr Barbara Louw se Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks is so gestruktureer dat jy veilig kan voel omdat jy weet wat om te verwag in elke sessie. Jy sal genoeg tyd hê om te kies wat om te deel en hoe jy jou gedagtes in woorde wil formuleer.

Dr Barbara werk teen jou pas om te verseker dat julle nie oorweldig voel in julle sessies saam nie. Ons doen Christelike Pastorale berading wat fokus op oplossings vir jou uitdagings en vaardighede om jou te bemagtig om genesing te laat voortduur lank nadat die sessies geëindig het.

Nadat jy Die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks voltooi het, sal jy 'n sertifikaat ontvang om jou reis te vier.

ONDERWERPE

Die hoofopskrifte van die reeks is:

1.      My stelpunt van veiligheid

2.      Die waarheid van my menswees

3.      Ek is my waardeskepper

4.      Seisoene en groeipunte

5.      ‘n Ander ritme vir my drom

6.      Die volheid van tyd vir my

UITKOMSTE EN RESULTATE

Aan die einde van die Tyd om Heel te Word Persoonlike Beradingsreeks:

·        Jy sal die impak van jou pyn en lyding op 'n duideliker manier sien wat veroorsaak dat jy hoop op genesing het.

·        Die Welstandsmodel sal jou help om daaglikse gebalanseerde groei te ervaar sonder eindelose taaklyste.

·        Jy sal sien hoe jou storie verander wat denkpatrone verander en gestoorde trauma vrystel.

·        Jy sal 'n groter gevoel van ondersteuning vir jou liggaam voel as jy na jou veerkragtigheid stap.

·        Jy sal meer vryheid ervaar om 'n vervulde lewe te geniet soos jy jou horisonne uitbrei.

·        Jy sal voel om gesonder verhoudings te geniet.

·        Soos jy groei, sal jy jou verbintenis met God verdiep.

MATERIAAL TER ONDERSTEUNING

In die Trauma Agter die Rug Persoonlike Beradingsreeks, sal jy die volgende ontvang:

·        'n Diagram met die reeks se raamwerk, wanneer jy geregistreer het en jou betaling ingedien het.

·        Verwelkomingsbrief met besonderhede van die sessies en jou 6 koeponkodes wat jou in staat sal stel om jou sessies te bespreek.

·        Uitdeelstukke, kleurvolle poskaarte om jou aan te moedig as ook notas om jou reis meetbaar te maak en jou te help om die meeste uit elke sessie te put.

PAKKETFOOI

Die pakketfooi is R4200- vir 6 sessies in 6 weke.

(Totale waarde is R 6000-)

BELANGRIKE NOTAS

Ons aanvaar nie mediese fondse nie en maak nie biomediese diagnoses nie. Dit beteken jy kan nie terugbetalings van mediese fondse of mediese versekering eis nie.

Hou in gedagte wanneer jy ‘n tyd kies om ‘n bespreking maak Dr Louw is in Suid-Afrika en die tydsone kan verskil van joune.

Daar is verskille tussen die onderskeie Persoonlike Beradingsreekse in Engels en Afrikaans wat via Aquilla Training se platform aangebied word.

ANDER REEKSE

The three English Personal Counselling Series of 6 sessions in 6 weeks are:

·        Trauma Breakthrough

·        Trauma Recovery and Wellness

·        From Bitter-“stuckness” to Wisdom

 

Die drie Afrikaanse Persoonlike Beradingsreekse van 6 sessies in 6 weke is:

·        Trauma Agter die Rug

·        Tyd om Heel te Word

·        Skryf Jou Pad na Heelwording

 

Events Booking - Upcoming Events